EIF lê sy toelaag-besteding uit

Die Geïntegreerde Jaarverslag van die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië is vrygestel en dek die 2022-23 boekjaar. Dit maak melding van die kernbedrywighede van die fonds se finansiële en nie-finansiële prestasie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lot Ndamanomhata, woordvoerder by die fonds, wat sê hulle het sedert die ontstaan van die fonds ‘n aansienlike bedrag verkry wat aan toelaes bestee is.