EIF: Akkerbou-projek van N$1,7 m by Daures ‘n sukses

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta sê kommunale bewaringsgebiede moet eerlike en vaardige mense aanstel om hul fondse te behartig om diefstal of bedrog te voorkom. Dit volg ná die Omgewingsbeleggingsfonds, die EIF, ‘n suksesvolle akkerbou-projek ter waarde van die 1,7 miljoen Namibiese dollar vir die Otjimboyo-bewaringsgebied by Daures in die Erongo-streek befonds het om klimaatsveranderings te beveg. ‘n Sonkrag hidroponiese stelsel is vir ‘n kweekhuis gevestig met ‘n dam wat op die terrein gebou is om groente aan lodges te lewer. Daarbenewens het die projek ‘n kantoorruimte, stoorkamer en ablusie-geriewe op die perseel ingerig. Die terrein is elektries omhein om te voorkom dat gewasse deur olifante vernietig word.