Eiendomspryse: jou bate kan nou ‘n negatiewe bate wees

Verskeie analiste meen dat eiendom binnekort ‘n negatiewe bate kan word met verskeie eienaars wat op die oomblik paaiemente betaal wat hoër is as die markwaarde van die eiendom. Terwyl eiendom altyd ‘n goeie belegging is, het die huidige ekonomiese klimaat, veroorsaak onder andere, deur Covid, ‘n baie groot impak op die waarde van eiendom gehad en oor die afgelope drie jaar het huispryse met 0,2 persent jaarliks afgeneem terwyl verbandskuld oor die afgelope vyf jaar met 0,6 persent of 2,5 miljard Namibiese dollar toegeneem het. Terwyl huiseienaars op die oomblik redelik verligting geniet van lae rentekoerse word daar verwag dat die Bank van Namibië die repokoers met tussen 50 en 75 basispunte volgende jaar sal lig.