Eiendomspryse in sommige Wes-Kaapse kusdorpe styg

‘n Eiendomsagent sê eiendomspryse in sommige Wes-Kaapse kusdorpe het skerp
gestyg. Die direkteur van Seeff West Coast, Pierre Germishuys, sê die gemiddelde
pryse van eiendomme in plekke soos Paternoster en St Helenabaai het met byna 150-
persent opgeskiet, terwyl van die huise in Langebaan 110-persent duurder geword het. 
Germishuys sê die mark word sterk gedryf deur lae rentekoerse, die werk-van-die-huis-
af-tendens en Covid-19-inperkings wat daartoe lei dat mense oor naweke wil wegkom.