Eienaars van troeteldiere versoek om hulle diere teen hondsdolheid in te ent

Die Suid-Afrikaanse veeartsdienste, Afrivat, het eienaars van troeteldiere versoek om hul diere teen hondsdolheid in te ent nadat die siekte aan die Wes-Rand uitgebreek het. Die organisasie sê ‘n ratel wat onlangs drie vroue in die Kromdraai-omgewing aangeval het, is van kant gemaak en het positief getoets. Die vroue ontvang tans mediese hulp. Afrivat sê die uitbreek van ‘n landelike siekte in voorstedelike gebiede onderstreep die belangrikheid daarvan om troeteldiere in te ent en sodoende die menslike bevolking te beskerm, ongeag waar jy in Suider-Afrika woon.