Eie raffinadery? Geen impak op brandstofprys nie

Daar word berig dat die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo sê dat al sou Namibië plaaslik ‘n raffinadery oprig, dit nie noodwendig goedkoper brandstof vir die land sal beteken nie. Kosmos 94.1 Nuus het vir Harold Schmidt van die Namibiese Olieindustrie-vereniging gevra hoekom dit so is. Hy sê internasionale pryse geld altyd.