Egskeidingswet: Sê jou sê teen Maandag

Die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab het lede van die publiek daaraan herinner dat die sluitingsdatum vir insette oor die nuwe wetgewing in verband met egskeidings, Maandag sluit. Die ministerie wil die wetgewing aanpas om die huidige gronde dat iemand in die huwelik fouteer het, verwyder. Egskeidings sal ook vinniger gefinaliseer word – op die oomblik is daar ‘n tien-week wagperiode, en daar sal ook makliker en goedkoper toegang tot howe wees.