Egiptiese landbou weerstaan Covid-skokke

Egipte se minister van landbou, El-Sayed El-Quseir, sê die land se landbousektor was in staat om die skok weens die Covid-19-pandemie te oorkom. Dit het daartoe gelei dat die bydrae tot die land se bruto binnelandse produk tot meer as 15 persent gestyg het. Hy sê benewens die bydrae tot die BBP verskaf landbou werk aan 25 persent van die land se werksmag.