Egipte wil teregstellings regstreeks uitsaai

’n Egiptiese hof vra vir ’n wetswysiging om die regstreekse uitsending van die teregstelling van die moordenaar van ’n vroulike student toe te laat. Volgens berigte, sal dit as ’n afskrikmiddel dien. Mohamed Adel is verlede maand skuldig bevind aan die moord met voorbedagte rade van mede-student Nayera Ashraf. Sy het blykbaar nie romanties in hm belanggestel nie. Die strafhof wat Adel in Mansoura, 130 kilometer noord van Kaïro, gevonnis het, het ‘n beroep op die wetgewer gedoen om die wet wat doodstraf beheer, te wysig sodat die teregstelling regstreeks uitgesaai kan word. Die maksimum straf vir moord is die doodstraf in Egipte, wat die wêreld se derde hoogste aantal teregstellings in 2021 uitgevoer het.