Eg Namibiese film, Woestynpsalm, vorder goed

Die pre-produksie van Woestynpsalm, ‘n eg Namibiese vollengte Afrikaanse rolprent van die Namibiese filmmaker Ben van der Walt, is voltooi. Volgens die 22-jarige Van der Walt, ‘n student aan die Kanbar Instituut vir Film en Televisie van New York Universiteit se vooraanstaande Tisch Skool vir Kunste, sal die post-produksie begin. Van der Walt, wat ook die skrywer en regisseur van Woestynpsalm is, moes in Maart 2020 na Namibië terugkeer, net voordat die VSA se grense as gevolg van Covid-19 gesluit is.