Efundja uiters goeie nuus vir akkerbouers

Terwyl die efundja in die Noorde onderbrekings en ontwrigting, sowel as skade aan infrastruktuur kan veroorsaak, is dit goeie nuus vir akkerbouers in die kommunale gebiede. Die boere is vertroud met die oorstromings wat grondwaterbronne goed opvul en aanplantings van veral mahangu sal hervat wanneer die vloedwater weggesak het. Plaaslike landboukenner Wallie Roux, verduidelik.