Efundja: Oskahati-burgemeester gesels oor jongste

Die Namibiese landbouministerie het ‘n span hidroloë na die Ohangwena-streek ontplooi om die situasie in die vloedgeteisterde gebiede te monitor. Vloedwater wat uit die Cuvelai-opvanggebied in suidelike Angola kom ná goeie reën in dié land, het ‘n week gelede in Namibië aangekom. Kosmos 94.1 Nuus het die burgemeester van Oshakati, Leonard Hango, gepraat oor die jongste rakende die vloed. Hango noem dat die vloed nou Ongwediva en oostelike Oshakati bereik het en dat ‘n tweede golf van die vloed op pad is.