Groot sukses met spesiale beamptes wat toeriste beskerm in die Kaap

Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, sê provinsiale toerisme-veligheidsbeamptes lewer ‘n aansienlike bydrae om besoekers se veiligheid by die verskeie vakansieoorde oral in die Kaap te verseker. Die 19 beamptes wat op een Desember verlede jaar met bedrywighede begin het, werk nóú saam met Sanparke se natuurbewaringsbeamptes. Allen sê die beamptes het in Desember met nege reddingsvoorvalle gehelp waar toeriste op wandelpaaie beseer is: