Efundja: Eerste verdrinking reeds bevestig

Gemeenskappe in die Noorde is deur die Namibiese polisie gewaarsku om uiters versigtig te wees soos vloedwaters toeneem. ‘n Minderjarige kind het reeds verdrink. Dit is uiters moeilik om die diepte van die oshanas te bepaal en die efundja het oor die naweek skerp toegeneem met sommige dele waar die waterstrome baie sterk is. Daar is ook gevare in die water wat slange en meer insluit. Adjunkkommissaris Kauna Shikwambi het ouers gemaan om mooi na hulle kinders om te sien en versigtig te wees wanneer hulle vis in die oshanas vang. Nog swaar reën word in die Cunene-provinsie in die suidweste van Angola in die komende dae verwag wat die vlakke van die efundja verder sal uitbrei.