EFF vra wie Ramaphosa in parlement verteenwoordig

Ná die hoogdrama in Suid-Afrika se regerende party, die ANC, wat Ace Magashule geskors het, het Magashule weer op sy beurt vir President Cyril Ramaphosa uit die party geskors. Tydens ‘n vraag- en antwoordsessie in die parlement het die EFF se Adjunk-President en Hoofsweep, Floyd Shivambu, gevra wie Meneer Ramaphosa in die parlement verteenwoordig as sy party hom geskors het.