EFF vra werkers van SA Poskantoor moet staak

Die EFF vra alle werkers by die Suid-Afrikaanse Poskantoor om deel te wees van sy nasionale stilstand op 20 Maart ter beskerming van hul betrekkings. Dit volg nadat aan die lig gekom het die Poskantoor beplan om 6 000 werkers af te lê. Die woordvoerder van die EFF, Leigh-Ann Mathys, sê hulle lewensbestaan en dié van hulle kinders sal slegs deur stakings verseker word