EFF vra vir meer klasse vir Engelse leerders by laerskool

Die EFF in Gauteng doen ‘n beroep op die provinsiale departement van onderwys om meer klasse by Laerskool Danie Malan in Pretoria te skep vir Engelse leerders. Die party sê dit moet gedoen word, al beteken dit daar is minder Afrikaanse klaskamers. Volgens ʼn woordvoerder van die EFF Dumisani Baleni moet die toewysing van klaskamers die demografie van die samelewing weerspieël en ooreenstem met die transformasie-agenda van die land.