EFF vra vir bystand in Gauteng na aardbewing

Die EFF in Gauteng doen ‘n beroep op die provinsiale regering en munisipaliteite in gebiede wat deur die aardbewing getref is om in te gryp en hulp aan gemeenskappe te verleen. Inwoners het gister in die vroeë oggendure wakker geword toe ‘n aardbewing van 4,4 groot dele van Gauteng geskud het. Die Nasionale Raad van Geowetenskappe sê die middelpunt was in die Boksburg-gebied, ‘n paar kilometer buite die East Rand Proprietary-myn. Die EFF sê alhoewel geen ongevalle aangemeld is nie, is die skade groot.