Erongo-polisie spreek kommer uit oor selfmoord onder mans

Die polisie in die Erongo-streek het kommer uitgespreek oor die toenemende gevalle van selfmoord wat veral deur mans in die streek gepleeg word. Die mag se inspekteur Ileni Shapumba vra mense om eerder ‘n ander alternatief te soek maar voeg by dat familie en vriende ook bedag moet wees op enige moontlike tekens van depressie. In sy mening het selfmoord ‘n maatskaplike kwessie is en in die meeste gevalle toon ondersoeke dat sosiale omstandighede een van die dryfvere kan wees. Shapumba het die aanmerkings gemaak na die 26-jarige Lukas Nghediimwe wat in diens van die Nasionale Jeugdiens was, homself glo in ‘n leë huis opgehang waar hy as ‘n wag gepos is.