EFF-skuld: Malema se Breitling of Gucci-skoene eerste vat, vra AfriForum

Dit is nie bekend of AfriForum opdrag aan die balju gegee het beslag te lê op die bates van Julius Malema en dié van die EFF nie. Die organisasie se prokureurs het Vrydag opdrag aan die party gegee om die fondse wat hy aan AfriForum, na verskeie kostebevele in die hoërhof, omiddellik te betaal. Die totale skuld van die bevele beloop 400 000 Suid-Afrikaanse rand. Die organisasie sê hy sal dalk moet vra dat die EFF bankrot verklaar word as hy nie die kostes van Malema se bates kan verhaal nie. Dit, omdat hy net meer as 66 000 rand van die party tot op hede kon verhaal. Kallie Kriel, die hoof uitvoerende beampte van AfriForum het op sy Twitter-blad gevra wat eerste gevat moet word – Malema se Breitling-horlosie of sy Gucci-skoene. Hy het die hutsmerk ‘pay back the money’ gebruik.