EFF sê Agoa is imperialisties

Die EFF sê hy veroordeel Amerika se gebruik van die Wet Op Groei en Geleenthede in Afrika as ʼn imperialistiese instrument om mikrobeheer oor Afrikalande uit te oefen. Suid-Afrika bied tans die Agoa handels- en ekonomiese samewerkingsforum in Johannesburg aan om handels- en beleggingsbande tussen Amerika en Afrika te versterk. Die EFF sê Suid-Afrika se mislukking om teen Amerika se handels-afknouery op te staan het die land se voedsel-soewereiniteit ondermyn en die pluimveebedryf benadeel omdat Amerika voortgaan om na Suid-Afrika uit te voer.