EFF reageer op hospitaalkos wat opraak

Die EFF in die buurland sê die wrede en onmenslike toestande waaraan pasiënte by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg blootgestel word, is onaanvaarbaar. Verpleegsters en personeel beweer die hospitaal se kos het opgeraak en hulle moes uit hulle eie sak vir pasiënte voorrade koop. Die Gautengse Departement van Gesondheid ontken dit. Die EFF-woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê die feit dat ‘n staatshospitaal nie vir pasiënte kan kos gee nie, dui op die algehele ineenstorting van die openbare gesondheidsektor: