EFF-LP daarvan beskuldig dat hy aanhits vir die kolonisering van Wes-Kaap

Die leier van die buurland se Referendum Party, Phil Craig, sê die EFF-parlementslid, Mzwanele Manyi, is ‘n aanhitser vir die kolonisering van die Wes-Kaap. Craig beweer Manyi het ‘n beroep op EFF-ondersteuners van buite die provinsie gedoen om blatante kiesersbedrog te pleeg om mense se demokratiese wense te ondermyn. Hy sê die EFF-LP het onlangs op X ‘n boodskap geplaas dat almal van die Oos-Kaap ‘n familielid kan vind om ‘n kiesersadres in Kaapstad te kry. Craig sê dié moontlike misdadige kommentaar is kommerwekkend, maar nie verrassend nie.