EFF-leiers weer 3 Junie in hof oor aanrandingsaak
Die EFF-leiers Julius Malema en Mbuyiseni Ndlozi moet volgende maand na die Randburgse landdroshof in Gauteng terugkeer nadat hulle aanrandingsaak vandag tot 3 Junie uitgestel is. Dit het gevolg nadat die staat se laaste getuie nie opgedaag het nie en ‘n doktersbrief ingehandig het. Die verdediging is tot 13 Mei gegee om betoë in te dien, en die staat het tot die 20 Mei om daarop te antwoord voor uitspraak gelewer sal word. Die twee het ontken hulle het die polisie-offisier Johannes Venter aangerand tydens Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis in 2018.