EFF en ANC gesels oor grond – DA nie verras nie

Die DA sê die aankondiging deur die EFF dat hy vandag met die ANC se top ses ontmoet om te onderhandel oor ‘n politieke ooreenkoms vir ‘n plan met die plasing van eiendom onder die kuratorskap van die staat, is nie verrassing nie. ‘n DA-parlementslid, Annelie Lotriet, sê dié planne vir ‘n bi-laterale ooreenkoms oor grond-onteiening sonder vergoeding, wys hoe ver die partye sal gaan om die Grondwet te skend: