EES en Oteya span saam

Nadat die Namibiese sangeres Oteya ‘n lang blaaskans van die musiekbedryf geneem het om op haar gesin te fokus, is sy terug in volle swang. Oteya het met EES saamgespan, wat voortdurend nuwe musiek vrystel en sy musiekloopbaan internasionaal bevorder. ‘Girlfriend’ is ‘n lekker Afro-ritme-liedjie oor ‘n verliefde paartjie wat mekaar se aandag koester. Namibiese internasionale kunstenaar, Ees het sy ervaring gedeel om saam met mede-bekroonde Oteya aan die liedjie te werk.