Sentrale Verkrygingsraad: Berekeningsfoute in Shapwa-tender

Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië het vanmiddag ‘n media-inligtingsessie gehou na aanleiding van die skokkende nuus oor ‘n tender wat aan sakeman Shapwa Kanyama gegee is waar die raad beweer het daar was verkeerde berekeninge in die hoeveelhede. Kanyama se maatskappy, Amnics Trading se 650 miljoen Namibiese dollar tender beslaan 23 persent van die totale bedrag van 2,8 miljard dollar wat deur die gesondheidsministerie bestee word aan aankope. Hy sal, onder andere, 750 000 kondome verskaf teen ‘n totale bedrag van 111 miljoen dollar, wat 148 dollar per kondoom is. Amon Ngavetene, waarnemende voorsitter van die Verkrygin17:00gsraad, het gereageer op ‘n vraag of hierdie soort berekeningsfoute dikwels voorkom.