Eerste vrou kry keuring by SAPD Spesiale Taakmag 

‘n Konstabel het die eerste vrou in die geskiedenis van die organisasie geword om die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Spesiale Taakmag Keuringsopleidingsprogram te voltooi. Die lid, met elf jaar se diens, word beskou as die enigste vroulike polisiebeampte wat die opleidingsprogram suksesvol voltooi het sonder enige wysigings aan die opleiding om by vroue aan te pas. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die 31-jarige beampte se identiteit kan om veiligheidsredes nie bekend gemaak word nie.