Eerste visumvrye besoekers in Kenia verwelkom

Kenia het die eerste groep buitelandse toeriste verwelkom wat onder ‘n vereenvoudigde toegangstelsel aangekom het, in die hoop om meer besoekers te lok. Die regering se immigrasiedienste sê, die eerste ‘visumvrye aankomelinge het in Nairobi geland vanaf Ethiopië se hoofstad Addis Abeba en meer sal na verwagting in die komende dae aankom. Onder die nuwe stelsel doen reisigers aanlyn aansoek vir ‘n elektroniese reismagtiging en betaal ‘n verwerkingsfooi van sowat 560 Namibiese dollar. Verlede jaar het president William Ruto aangekondig dat Kenia van Januarie ‘n visumvrye land vir mense vanoor die hele wêreld sal word.