Eerste uitnodiging vir voorstelle vir ontwikkeling van Kudu Gas

Die Kudu-gasveld is reeds in 1974 ontdek en terwyl daar wel vordering was met boorwerk en meer in die afgelope 20 jaar, was daar geen ontwikkeling van die reuse-bron nie. Maar, met Suid-Afrika se kraguitdagings en die ontluikende olie- en gas-industrie in die land, is daar uiteindelik beweging. BW Kudu Limited het ‘n uitnodiging aan ingenieurs en konsultante gerig om die eerste sogenaamde ‘Front End Engineering-ontwikkelingsplan’ teen 15 Oktober in te dien. Die FEED-plan, soos dit in die industrie bekendstaan, dien vir voor-projekbeplanning, vatbaarheidstudies en meer. Die adjunk-algemene bestuurder by BW Kudu Limited, Manfred Muundjua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.