Eerste Nasionale Vakleerlingskapweek aangebied

Die Namibiese Opleidingsowerheid in samewerking met die hoër onderwysministerie sal gasheer speel vir die eerste Nasionale Vakleerlingskapweek. Dit sal vanaf Maandag tot 11 November by die Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie se hotelskool aangebied word. Dit sal die land se toewyding tot tegniese en beroepsopleiding beklemtoon. Die minister, dr. Itah Kandjii-Murangi, sal die amptelike opening waarneem. Die owerheid se kommunikasiespesialis, Jethro Kwenani, gee meer besondherhede.