Stad trots op Vervaardig in Kaapstad-beweging

Die Stad Kaapstad sê hy is trots om ‘n stigterslid te wees van die Vervaardig in Kaapstad-beweging wat plaaslik vervaardigde produkte en dienste ten toon stel. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede en batebestuur, James Vos, sê die Handwerk- en Ontwerp-instituut bestuur die projek in vennootskap met die stad se ondernemings- en beleggings-afdeling.