Eerste minister se kantoor boos oor berigte oor begroting vir 21 Maart

Die kantoor van die eerste minister het skerp gereageer op berigte dat daar 25 miljoen Namibiese dollar begroot is vir die herdenking van Namibië se onafhanklikheid op 21 Maart. Die skakelbeampte in die kantoor, Rhingo Mutambo sê die korrekte syfer is tien keer kleiner.