Eerste minister maan teen fopnuus oor entstowwe

Namibië se eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het die Covid-19 massamedia-veldtog by die Namibiese inligtingsministerie van stapel gestuur. Sy het gesê die inentingsveldtog is van uiterste belang in die land en Namibiërs moet aangemoedig word om ingeënt te word. Die eerste minister het ook gesê dit is belangrik dat Namibiërs die verskil tussen feite en fopnuus moet ken, veral met mites wat oor entstowwe versprei word.