Eerste minister bespreek volksmoord in parlement

Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa Amadhila het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat sy volgende Dinsdag die volksmoord ooreenkoms met die Duitse regering in die Nasionale Vergadering sal bespreek, en dat sy ook vrae van lede sal aanvaar. Volgens Kuugongelwa Amadhila is daar baie goeie redes hoekom daar tot op hede nog nie veel inligting bekend gemaak is nie. Sy verduidelik.