Eerste maanbemanning volgende maand bekend

Nasa sal volgende maand sy eerste maan-bemanning in 50 jaar bekend maak. Die name van drie Amerikaanse ruimtevaarders en ‘n Kanadees van Nasa se Artemis II-maansending in 2024, sal op 3 April aan die wêreld onthul word. Die bemanning het reeds die afgelope 18 maande met opleiding vir die sending begin, maar hul identiteite het hoogs geheim gebly. Dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-departement by Unam, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.