Eerste druiwe deur Walvisbaai uitgevoer

Namibië het amptelik die uitvoer van sy eerste besending tuisgekweekte tafeldruiwe na Europese lande deur die hawe van Walvisbaai be-opdrag. Die besending bestaan uit 250 houers druiwe wat in Aussenkehr geproduseer is, en is moontlik gemaak deur die Namibia Grape Company (NGC) en sy vennootskap met Capespan Namibia. Namport se uitvoerende hoof, Andrew Kanime, beklemtoon dat hierdie uitvoer deel is van Namibië se ontwikkelingsdoelwitte om die grootste logistieke spilpunt vir die streek te wees, asook armoedeverligting. Hy voeg by Namibië moet sy fokus en markte uitbrei na sy omringende buurlande om by te dra tot plaaslike ekonomiese integrasie.