Eers vloede nou wegholbrande in Europa
Wegholbrande in die suide van Europa word beskryf as ‘n ramp van ongekende omvang. Sowat ‘n duisend mense moes op die Italiaanse eiland Sardinië hulle huise ontruim en die regering het ‘n noodtoestand afgekondig. Die brande raak ook Griekeland en Spanje. Italiaanse owerhede het meer as sewe-duisend brandslaners en 20 vliegtuie ontplooi om die vlamme te bestry. Die brande word gedeeltelik toegeskryf aan ‘n hittegolf wat nog ‘n geruime tyd gaan voortduur.