Een van drie aborsiepil-verdagtes verskyn weer vandag

Een van die drie verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die onwettige verkoop van sogenaamde aborsie-pille, verskyn vandag weer in die Windhoek-landdroshof in Katutura. Die saak spruit uit die polisie wat ‘n spesiale operasie uitgevoer het en van die pille wou koop. Twee verdagtes, Elizabeth Haingura en Collin Zimmer, is in die sake-kern in hegtenis geneem in besit van agt Cytotec-pille ter waarde van 3 200 Namibiese dollar, terwyl ‘n derde verdagte, Sande Vivienne in Katutura gearresteer is. Haingura en Zimmer is op borgtog van 1 000 dollar elk vrygelaat. Hulle saak is tot 20 Julie uitgestel. Vivienne het in Katutura verskyn en is vrygelaat op borgtog van 500 dollar ontvang. Sy verskyn vandag weer in die Katutura-hof.