Een uit elke vyf vroulike sokkerondersteuners geteister

‘n Opname in Engeland het bevind een uit elke vyf vroulike sokkertoeskouers is onderwerp aan ongewenste liggaamlike aandag by manswedstryde. Die Sokker Ondersteunersvereniging sê dit is meer as dubbel die syfer in 2014. Daar is bevind byna die helfte van die 2 000 vroue wat aan die opname deelgeneem het, het te kenne gegee hulle is ontsteld oor hierdie seksistiese gedrag. Sewe jaar gelede was byna een uit elke drie vroulike toeskouers nie gepla deur die seksistiese gedrag by wedstryde nie, maar dit het egter nou afgeneem tot een uit elke agt.