Een Somaliese kind elke minuut in hospitaal opgeneem

Een kind word elke minuut in Somalië vir mediese behandeling vir wanvoeding opgeneem in ‘n hospitaal. Die VN se kinderfonds Unicef sê die land is op die rand van ‘n ramp as gevolg van die erge droogte wat nie in die afgelope 50 jaar ervaar is nie. Die situasie in Somalië lyk tans erger as in 2011, toe hongersnood die dood van meer as 250 000 mense veroorsaak het. Unicef se woordvoerder James Elder is tans in Mogadishu.