Een sluis op die Vaaldam word oopgetrek

Terwyl Namibiërs in spanning wag vir die groot reën, is ons bure in Suid-Afrika, geseënd. Die buurland se Departement van Water en Sanitasie, gaan vandag een sluis by die Vaaldam in Gauteng oopmaak. Dit volg na die dam Maandag die 100 persent-merk verbygesteek en 107 persent vol was. Woordvoerder Sputnik Ratau sê die oopmaak van die hek volg ná volgehoue swaar reën die afgelope twee weke in die opvanggebied wat die geïntegreerde Vaalrivier-stelsel en die Oranjerivier voed. Een hek stel 19 470 kubieke meter water per uur vry. Ratau sê mense moet versigtig wees.

Net om dinge vir Namibiërs in perspektief te plaas: Die Vaaldam het 257 triljoen kubieke meter se kapasiteit wat 292 Neckartaldamme of, 871 Hardapdamme verteenwoordig. Dis groot waters daardie.