Een-meter-reël by Wes-Kaapse skole moet geskrap word

Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, Debbie Schäfer, sê die departement van basiese onderwys asook die departement van samewerkende regering en tradisionele sake behoort te oorweeg om die een-meter-reël in skole te skrap. Sy sê entstowwe is ook beskikbaar gemaak vir alle kinders tussen die ouderdom van 12 en 17, met die doel om die een-meter-reël te verslap.