Een kaartjie-houer eis £111,7m boerpot op
Die Britse kaartjie-houer van die EuroMillions-boerpot wenkaartjie het sy 111,7 miljoen Britse pond-boerpot opgeëis. Sou die wenner bevestig word, sal hy, of sy, ryker wees as die sokkerster Harry Kane, akteur Daniel Radcliffe en selfs die sangeres Dua Lipa. Die wenner sal ‘n keuse hê of sy identiteit bekend gemaak word of nie. Die wennommers was 03, 12, 15, 25 en 43 met die sogenaamde Lucky Stars, 10 en 11. Sou die boerpot plaaslik wees, sou die prysgeld op 2,7 miljard Namibiese dollar gestaan het… ‘n aardige bedraggie.