Een drenkeling-liggaam noord van Henties gevind

Die liggaam van een van die twee jong meisies wat Vrydag by Hentiesbaai verdrink het, is gevind. Volgens ‘n polisieverslag is die liggaam in diep water sowat 6 kilometer noord van die dorp opgespoor. Die oorledene is geïdentifiseer as die 11-jarige Marie France Brockerhoff Ngo Mbock. Die ligaam sal na die Walvisbaai polisie-lykshuis geneem word vir ‘n nadoodse ondersoek. Die soektog na die ander drenkeling duur voort.