Een Covid-sterfte in Outjo-distrik aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte van ‘n vrou in die Outjo-distrik aangemeld, asook vyf nuwe Covid-gevalle uit 1 552 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 0,3 persent verteenwoordig. Daar is nou 90 aktiewe gevalle, waarvan nege mense in hospitale is en drie in intensiewesorgeenhede. Altesaam 288 484 mense is ten volle ingeënt. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangbome, gee die jongste statistieke.