Een beskuldigde in Bester-saak kry borgtog

Vier van die beskuldigdes in die Thabo Bester-ontsnappingsaak, is in die Bloemfonteinse landdroshof borgtog geweier, terwyl die vyfde beskuldigde, Nastassja Jansen, borgtog van tienduisend Suid-Afrikaanse rand toegestaan is. Die beskuldigdes is vier G4S-werknemers en ‘n Jansen wat as tegnikus gewerk het vir die IT-maatskappy wat kringtelevisie by die Mangaung-gevangenis geïnstalleer het. Hulle staar aanklagte van brandstigting, bedrog, regsverydeling en dat hulle ‘n gevangene help ontsnap het, in die gesig. Die saak duur op 20 Junie voort.