Ecowas-krisis kan groot probleme veroorsaak

’n Besluit deur Mali, Burkina Faso en Niger om Wes-Afrika se ekonomiese en politieke blok te verlaat keer dekades van streeksintegrasie om, wat miljoene mense in limbo laat, ensal waarskynlik die drie junta-geleide lande se bande met Rusland verdiep. Die stap om te onttrek aan die 15-lid Ecowas kan nog tyd neem om te implementeer en as dit deurgevoer word, sal dit die streek se handels- en dienstevloei, ter waarde van byna 150 miljard Amerikaanse dollar per jaar, ontwrig. Dit laat ook vrae ontstaan oor miljoene burgers van die drie lande wat hulle in buurstate gevestig het, aangesien die blok visumvrye reis en reg om te werk toelaat. Die Ivoorkus alleen is die tuiste van meer as 5 miljoen mense van Burkina Faso, Mali en Niger.