ECN bekommerd oor vals uitslae op sosiale media
Die Namibië Verkiesingskommissie sê hy is diep bekommerd oor die sirkulasie van vals verkiesing-uitslagblaaie op sosiale media. Die kommissie se voorsitter, Elsie Nghikembua, sê dit het die potensiaal om die integriteit van die uitslae, wat ekslusief die kommissie se domein is, te ondermyn. Dit kom te midde van die tel en oordrag van uitslae na die Sentrale Verkiesingsuitslae Sentrum by die kommissie se hoofkantoor. Sy sê daar is uitgebreide maatreëls in plek om integriteit en deursigtigheid te verseker in die hantering van stembriewe en uitslae. Geakkrediteerde verteenwoordigers van politieke partye is ook aanwesig by alle stemlokale en teken die uitslae af na verifikasie.