Ebola-gevalle neem in Uganda toe

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy beywer hom steeds vir ‘n versterkte wêreldwye reaksie en groter skenkingsbelegging in die Ebola-uitbreking in Uganda. Daar is tans 130 bevestigde gevalle en 43 bevestigde sterftes. WGO sê Mubende is steeds die distrik wat die ergste geraak word, maar gevalle neem ook in die twee omliggende streke toe, met 17 bevestigde gevalle in die hoofstad Kampala. Hy sê alhoewel hierdie gevalle in spesifieke gebiede voorkom, dui die feit dat dit in ‘n digbevolkte stad voorkom, op die gevaar dat dit verder oorgedra kan word.